Catalog Search Results
’n Diagnose van diabetes beteken nie jy of jou gesin moet ophou lekker eet nie. Die kos in dié boekie is perfek vir mense met suikersiekte, maar lekker vir almal – dis glad nie nodig om aparte maaltye te kook nie. Daar’s resepte vir ontbyt, slaai, vis, pluimvee, rooivleis, groente en diabeet-virendelike soetgoed – selfs sjokoladekoek!
Wil jy ’n laekoolhidraat-eetplan volg, maar jy’s al uitgekuier met fyn blomkool, broodlose burgers en gebakte eiers? Met dié resepte kan jy kies en keur tussen smulkos wat vinnig, veelsydig, bekostigbaar en geskik vir die hele gesin is. Daar’s resepte vir sop, pizzas, slaaie, vis, hoender, vleis en selfs soetgoed.
3) SARIE KOS
SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Dié maand is daar 60+ idees wat byna als onder 60 minute gemaak kan word, ons bak vakansiekoekies vir die koekieblik en braai 5 verskillende vleisgeregte vir die feestafel. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde
...Sê tot siens vir maagpyn, opgeblasenheid en al die ander kwale wat soms gepaard gaan met ’n dieet ryk aan gluten. Of jy nou aan seliaksiekte ly, allergies is vir koring of net sensitief is vir gluten – in dié boekie sal jy talle ligte geregte en lekkernye vind wat jy sonder sorg kan eet. Daar’s selfs resepte vir glutenvrye brood, skons, muffins, pizza, tortillas, koeke en terte!
Pasta is veelsydig, vinnig, vullend en goedkoop. Jy kan dit omtower in enigiets van slaai, eenbakgeregte of selfs vir n spoggerige onthaal. Kinders, ouers, oumas en oupas hou ewe veel van die stapelkos en kan in n oogwink omskep word van eenvoudig na gesofistikeerd. Die versameling van 30 pastaresepte is ideaal vir die besige ma om iets heerlik en moeitevry in n japtrap op die tafel te kry.
6) 100 Koekies
100 koekies is die nuutste kookboektydskrif uit die kombuis van die toonaangewende kosskrywer Herman Lensing. Dis propvol lekkerte met 100 maklike resepte vir ieder en elk se geur en smaak. Bekende tradisionele koekie-treffers regdeur tot moderne resepte. Hierdie boek beloof om jou koekieblik dié vakansieseisoen vol te hou.
Huisgenoot is vanjaar 100 jaar oud en in dié wonderlike publikasie bring ons al die ikoniese Huisgenoot-resepte byeen wat deur die dekades in jou gunsteling-tydskrif verskyn het. Elkeen kry ’n moderne kinkel sodat dit met gemak op ’n 2016-kostafel kan pryk. Daar’s poedings, koeke, ligte geregte, slaaie, ontbyt en natuurlik alles wat op ’n Sondag ons tafels laat kreun het. Dalk onthou jy nog van die gewildste resepte, soos skoonma-se-tong,
...Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.
Die Masterchef tydskrif bied ’n kykie agter die Masterchef-reeks. Met hoogtepunte, resepte, en stories oor die kokke, inspireer hierdie die tydskrif lesers om soos die meesters te kook. Die tydskrif bied wenke en insig vanaf die Masterchef beoordelaars wat kosliefhebbers nêrens anders sal kry nie.
Hierdie is jou moet-hê braaigids vir die 2023 Rugbywêreldbeker, want rugby en braai is immers soos vinkel en koljander! Dit is ’n gewewe dat die braavleisvure naweek na naweek vir die sportgebeurtenis van die jaar aangesteek gaan word en met dié kookboektydskrif inspireer Herman Lensing jou met meer as 65 resepte vir disse wat jy oor die kole en in die vuur kan maak. Rugbylegendes deel ook staaltjies oor hul loopbaan.
Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.
13) Lugbraaier
Die gewilde kosskrywer Herman Lensing gee lugbraaiers vlerke met Suid-Afrika se nuutste moet-hê kookboek-tydskrif vir elke kombuis! Herman inspireer met meer as 80 air-fryer-resepte en dié tydskrif sal jou met nuwe oë na jou lugbraaier laat kyk. Dié toestel is regtig tot baie meer in staat as wat jy dink! Van Bykosse, ontbyt, vleis, gebak, pasta en selfs hoender resepte beloof die boek om iets vir almal te gee.
Wonder jy wat jy vanaand vir ete kan maak? Kies dan iets wat maklik, vinnig en smaaklik genoeg is om vir Huisgenoot se TV-program Jy Het ’n Wenresep op die DStv-kanaal VIA gekies te word! Elke resep in die boek is deur een van die program se bobaas-kokke ontwikkel en word beoordeel volgens smaak, interessantheid, bekostigbaarheid, varsheid en die tyd wat dit verg. Huisgenoot se kosredakteur, Carmen Niehaus, gee boonop vir van die resepte ’n
...15) Eenvoud
Smag jy na ’n stiller, meer skeppende lewe? Waar jy vir vriende geskenke maak pleks van haastig iets wat in massa geproduseer word van ’n rak af gryp. Waar jy nader aan die aarde lewe; miskien ’n bietjie boer op jou werf; ’n groentetuin, dalk ’n hoender of twee vir vars eiers? Eenvoud wys wat jy in jou spens- en skoonmaakkas maklik self kan maak pleks van om dit te koop in plastiek verpakking: Granola, jogurt, slaaisous, sitrusskoonmaakmiddel,
...Didn't find it?
Can't find what you are looking for? Suggest a purchase. Submit Request