Catalog Search Results
1) Landbou Vee
Veeboere is vol hoop vir ’n beter somer ná die erge droogte van 2015-’16. In Landbou Vee 2016 gee kenners raad oor hoe boere hul kuddes weer kan opbou en hoe om weiveld te laat herstel. Kyk uit vir artikels oor boere wat uitgeblink het, die jongste tegnologie vir die veebedryf, ’n hele paar handige boereplanne en watter neigings die toekoms van die rooivleisbedrywe kan bepaal.
Dié omvattende gids dek alles wat jy moet weet van 101 roetes in Suid-Afrika. By elke roete verskyn ’n volledige beskrywing van ’n roetegradeerder, kontakbesonderhede, roetegradering, blyplek, doendinge in die omgewing en ’n GPS-roetepunt. Die hersiende gids het bygewerkte inligting, 15 nuwe roetes, pragtige foto’s, ’n volledige kaart en ’n indeks met nóg 150+ 4x4-roetes in Suider-Afrika.
3) Weg! Namibië
Ons gewilde jaarlikse Namibië-gids bevat 132 bladsye vol klassieke bestemmings, ons 20 top-kampplekke, meer as 240 blyplekke met GPS-punte en kaarte, die beste doendinge, perfekte dagplanne, grensposinligting en nog meer!
Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.
...5) Weg! Kampkos
Die smaaklikste en maklikste resepte uit WegSleep, WegRy en Weg oor die afgelope ses jaar verskyn in die eerste uit- gawe van Kampkos. Min dinge in die lewe is lekkerder as ’n aand onder die sterre met vriende en familie rondom ’n kampvuur – en natuurlik goeie kos om die kuier nóg geselliger te maak. Of jy nou iets op die rooster wil gooi, ’n potjie maak of die oondjie in ’n selfsorgplek gebruik, Kampkos het meer as 100 watertand
...Wit strande, soel blou seewater waarin jy die ganse dag kan dryf, hope garnale en 2M-bier... Ja-nee, Mosambiek is een van Suider-Afrika se topbestemmings vir ’n seevakansie. Maar wat jy dalk nie weet nie, is dat dié land soveel meer bied, veral opwindende bosvakansies. Hierdie gids beantwoord ál die reisvrae wat jy kan hê: bekostigbare verblyf, puik idees vir vakansies verder noord, asook die nodige inligting oor roetes, grensposte
...Met WegSleep kan jy 2016 op ’n hoë noot afskop. Op 9 Januarie is ons nuwe oordgids op die rak. Ons het die WegSleep-oordgids 2016 saamgestel om jou te help om jou volgende kampe te beplan. Dit is ’n gids met inligting oor 197 kampplekke en oorde in al die provinsies en in die Wildtuin. Die gids gee vir jou inligting oor die kampplek se staanplekke en geriewe, hoe om daar te kom en die prys en kontakbesonderhede. Met dié gids kan
...WegSleep is die enigste Afrikaanse tydskrif wat spesifiek op die karavaan- en kampeermark gerig is. Elke maand verken en gradeer die span verskeie kamp- en karavaanbestemmings in Suid-Afrika en sy buurlande en deel hulle ook inligting oor slim planne om kamp- en sleepvakansies gladder te laat verloop. Die tydskrif se groot kosseksie gee kampeerders buitelugkos-idees. WegSleep is 'n egte leserstydskrif en bevat 'n aansienlike getal stories,
...10) Weg Kuierkos
Wil jy regtig op jou vakansie of oor jou naweek voor die kospotte staan en swoeg om vir die hele familie kos te maak? Nie so gedink nie. Maar beteken dit jy kan nie lekker eet nie? Aikona, jy gaan smul as jy die splinternuwe Kuierkos 2015 in jou arsenaal het. Die span by Weg het al die harde werk namens jou gedoen. Hier’s 120 resepte, met die klem op doodmaklik maar vreklekker, waarmee jy eggenote, kinders, en kuiergaste kan beïndruk. Ons
...WegRy Vat die Pad is ’n kleurvolle gids met 100 bladsye vol voorstelle vir jou volgende 4x4-reis. Soek jy ’n luilekkerbestemming vir ’n gesinsvakansie, of ’n stewiger uitdaging waarvoor jy die moue moet oprol? WegRy Vat die Pad gee jou die nodigste inligting oor 38 bestemmings in Suid-Afrika en ons buurlande, plus 10 grondpadpasse en 16 heerlike kampplekke wat jy in jou 4x4 kan verken. Daar is ook nuttige inpaklyste vir jou gereedskapkis
...12) Kamp en Karavaan
Join our specialist adventure writers as we explore by car, caravan and motorhome! Kamp en Karavaan visits hidden gems throughout southern Africa, provides technical 'how to' guides, gives exclusive tips and advice, reviews the latest camping must-haves, and much more - every month!
13) Weg!
Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons
...14) Avontuur Afrika
Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.
15) Landbouweekblad
Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Didn't find it?
Can't find what you are looking for? Suggest a purchase. Submit Request